Trump gee bes oor immigrante

Vir die eerste keer sedert president Donald Trump staatshoof van Amerika geword het, moes hy sy standpunt verander oor die hantering van kinders van onwettige immigrante.

Die president het aanvanklik die beleid verdedig oor die kwessie waarom die kinders van onwettige immigrante geskei word van hulle ouers.

President Trump het egter Donderdag ’n bevel onderteken waarin verklaar word dat die kinders herenig word met hulle ouers, en daarmee sy aanvanklike standpunt verander weens die druk wat wêreldwyd toegeneem het, en selfs se eie gade genoop het om te vra vir hereniging.

Die kinders van onwettige immigrante in Amerika is van hulle ouers geskei sedert Mei vanjaar, maar dit sal onmiddellik beëindig word.

Die Wit Huis het egter bevestig dat ’n baie strenger beheer op die grens met Meksiko gehandhaaf sal word om te verseker dat die mense vanuit die buurland nie oor die grens na Amerika kan immigreer nie.