Trump dreig EU met swaar belasting

President Donald Trump het die afgelope naweek gedreig om die invoerbelasting op Europese voertuie tot 20% te verhoog wat ’n massiewe invloed op die vervaardigingsbedryf sal toon.

Die Amerikaanse president sê die heffing sal ingestel word indien die Europese Unie nie besluit om die invoerheffing op Amerikaanse motors afskaf nie.

Die invoerbelasting op Europese fabrikate soos BMW, Daimler en Volkswagen, kan die Duitse ekonomie ’n knou gee wat ook kan uitkring na Frankryk se motorbedryf.

Ongeveer 50% van die vervaardigde motors van Duitsland word in die Verenigde State van Amerika verkoop, wat kan beteken dat die voertuie se prysstruktuur so skerp kan styg dat Duitse voertuie al minder in die VSA sal verkoop.

Die dreigement van Amerika hang ook saam met die teenmaatreëls wat die Europese Unie ingestel het deur die invoerheffing in te stel op baie goedere wat vanaf die VSA na Europa versend word.

Ingeligte bronne wys daarop dat die nuwe tendens ’n verdere tree nader aan ’n algehele handelsoorlog is, wat nie net Sjina raak nie, maar ook die groot aantal lande wat lid van die Europese Unie is .

Foto – President Donald Trump