Trump beleid seëvier in VSA hof

Die Amerikaanse hooggeregshof het hierdie week beslis dat die Trump regering se toepassing van die verbod op mense uit talle Moslemlande om per vliegtuig na die VSA te gaan, wel in lyn met die grondwet is.

Politieke ontleders sê die beslissing is ’n reuse oorwinning vir president Donald Trump wat aanvanklik deur die linkse media soos CNN hewig gekritiseer is en bewerings is gemaak dat dit teen die grondwet van die land sou wees.

Vyf regters was vir die saak op die regbank waar beslis moes word of dit toelaatbaar is om ’n verbod in te stel teen die toelating van besoekers uit Moslemlande.

Met die beslissing word mense van die Islamitiese geloof permanent verbied om op Amerikaanse grondgebied te kom.

Met die hofbeslissing kom president Trump nog ’n verkiesingsbelofte na en dit ontlok groot waardering van duisende ondersteuners.

Meningsvormers wys daarop dat Trump een van die weinige presidente van Amerika is wat nougeset uitvoering gee aan elke verkiesingsbelofte.