Tom Moyane en SAID

Volgens ‘n 69-bladsye beëdigde verklaring van Pravin Gordhan het Tom Monyane van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) die Finansiële Intelligensie Sentrum Wet  twee keer oortree om Jonas Makwakwa te help.

Hy het eensydig en onwettig meer as R3 miljoen aan bonusse uitbetaal, waaronder Makawakwa se R930 000. Hy het na bewering ook gelieg vir die parlement oor die feite van die ondersoek van Makwakwa. Die verklaring meld oook dat hy die KPMG ondersoek gesaboteer het rakende die Hoë Risiko Ondersoek Eenheid. Hy het verder geheime inligting aan Makwakwa se prokureur voorsien.

Monyane en sy prokureur het twee weke tyd om antwoorde te verskaf op Gordhan se verklaring.