Taxi’s staak alweer

Nadat die metropolisie van Johannesburg 500 onpadwaardige taxi’s oor die naweek geskut het, het beswaarde bestuurders van die Alexandra taxivereniging Maandag gestaak. Dit het duisende pendelaars gestrand gelaat.

Sommige van die voertuie was in 2012 laas gelisensieer.

Intussen het Beke Cele van SAPD ‘n vergadering in Kaapstad gehou met huurmotor verenigings rondom die geweld tussen verskillende  faksies.  Daar is glo 45 persone gedood die afgelope drie maande.

Waarnemers vra of dit nie ook tyd word dat plaasmoorde insgelyks aangespreek moet word nie?