Staatsdiens wil staak

Staatsdienswerkers beplan om Maandag 11 Junie hul penne en kruiwaens neer te sit en te staak.

Dit nadat loon onderhandelings misluk het.

Die Vereniging van Staatsamptenare, wat ongeveer 230 000 lede verteenwoordig,  het kennis gegee van die beplande staking.

Werkers vra 10-12% verhoging terwyl die staat 7% aanbied.

Sou die staking realiseer kan die publiek verwag dat dienslewering van stadig na doodstil sal beweeg.