Spog hotel in ligte laaie

Een van Londen se spog vyfster hotelle, die, Mandarin Oriental Hyde Park, in die westelike deel van die stad, is in vlamme gehul.

Minstens 20 brandweerwaens en 120 brandweer personeel is op die terrein en sukkel om die verwoestende brand te smoor.

Die brand het omstreeks vieruur gistermiddag ontstaan en binne minute het swaar donker rookwolke die lug bokant Londen besoedel terwyl reddingswerkers alles in die stryd gewerp het om inwoners en personeel te bevry.

Die hoofstad word bedek met die rookwolke, en volgens waarnemers is die hotel se dak van die twaalf verdieping gebou in ligte laaie.

Die vyfster hotel, wat in 1889 opgerig is, was eers ’n here klubhuis, maar in 1902 omskep in ’n hotel met die naam Hyde Park Hotel, maar is later opgradeer tot sy huidige spog status en herdoop na die Mandarin Oriental Hyde Park.