Spanje slaan bollemakiesie oor immigrante

Die Sosialistiese regering van Spanje het Dinsdag ’n tweede skeepsvrag met 230 onwettige immigrante daarop, in sy hawe geweier.

Die redding skip Lifeline met sy vrag “ongewilde passasiers” kon nie afspringplek in Spanje kry nie, want die regering sê hy kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir al die immigrante nie.

Die nasionalistiese regering van Italië het vroeër gesê hy weier om die onwettige immigrante in sy land toe te laat want Italië is nie ’n “vlugtelinge kamp vir Afrika” nie.

Die optrede van Spanje laat talle vrae ontstaan waarvan die belangrikste is waarom dit oor jare van Italië verwag is om al die mense uit Afrika en die Midde-Ooste te ontvang terwyl die groot lande soos Duitsland en Frankryk toekyk hoe Europa oorspoel word.

Die Lifeline is glo in diens van Duitsland, en kenners sê die Merkel regering moet maar die onwettige immigrante in Duitsland toelaat.

Die geweldige instroming van onwettige immigrante uit Afrika behoort af te plat as al die lande in Europa sou weier om hulle toe te laat, maar dit blyk dat die linkse regerings van veral Frankryk, Duitsland en Spanje anders dink oor immigrante.

Intussen is vertroulik verneem dat Spanje ook nog nie die eerste klomp onwettige immigrante wou toelaat nie, en die 629 mense aan boord wat deur Italië geweier is, dobber nog op die see rond.

Na vyf dae op see het die skip weer probeer om sy ongewilde vrag in Malta af te laai, maar die owerheid het weer geweier dat die immigrante toegelaat word.

Foto – Lifeline redding skip