Spanje kry nuwe regering en kabinet

Die nuwe eerste minister van Spanje, Pedro Sanchez, het sy kabinetslede bekendgemaak wat uit 11 dames en 6 mans bestaan.

Dit is die eerste keer in Spanje se geskiedenis dat Spanje meer vroue in die kabinet het as mans.

Pedro Sanchez is leier van die Sosialiste en het tydens sy eerste toespraak sekere aspekte van sy beleid uiteengesit en gesê sy administrasie sal progressief, modern en Europa gerig wees.

Aan die media het hy gesê die lede van die kabinet is almal hoog gekwalifiseer om hulle taak met bekwaamheid uit te voer.

Vroue as ministers sal voortaan omsien na Spanje se ekonomie, finansies en verdediging, terwyl een dame, Carmen Calvo, die adjunkpremier is.

Die nuwe regering van Spanje volg nadat die konserwatiewe regering van Mariano Rajoy moes padgee nadat hy bedank het en ’n mosie van wantroue teen hom geslaag het.

Foto – Premier Pedro Sanchez