Slowenië kan lank wag vir regering

Alhoewel die nasionaliste die meerderheid stemme getrek het in die afgelope naweek se verkiesing in Slowenië,  kan dit  nie as uitgemaakte saak beskou word dat hulle die koalisieregering sal saamstel nie.

Die nasionaliste het 25% van die stemme gekry, maar die gematigde konserwatiewe Demokratiese Party van die voormalige eerste minister, Janez Janša, gaan ook nie stilsit nie, en wil ’n multi-koalisieregering saamstel.

Slegs een party het sy bereidheid verklaar om met die nasionaliste in ’n koalisie te dien, en dit sal nie voldoende wees om ’n koalisie meerderheid te vorm in die parlement nie.

Die konserwatiewe Demokratiese Party sal waarskynlik probeer om minstens vyf partye saam te voeg in ’n multi-koalisieregering, maar die onderhandelinge kan selfs maande lank duur.

Janša was sedert 2004 tot 2008 premier, en weer  van 2012 tot 2013, maar is daarna tronkstraf opgelê weens beweerde korrupsie.

Foto – Janez Janša