Sirië wil VSA tot oorlog lok

Die Siriese president, Bashar al-Assad, ’n diktator en vertroueling van die Russiese president, Vladimir Poetin, het bekendgemaak dat sy weermag die grondgebied wat tans deur Amerika beset en beheer word, gaan herower.

Dit is bekend dat die Amerikaanse magte reeds vir etlike jare in Sirië is waar hulp aan die Siriese opposisie magte verleen word, en die Islamitiese Staat verdryf het uit groot gebiede van die land.

Assad het in ’n onderhoud met die nuusagentskap, Russia Today, gesê hy wil die Amerikaans besette gebied terug wen, en sal selfs onderhandel met die besetters, maar sal nie huiwer om militêr op te tree nie.

Die Amerikaans magte steun die Siriese Demokratiese Stryders en dit kan meebring dat president Assad die stryd teen die VSA kan begin en daarna die hulp van Rusland inroep soos in die verlede teen die terroriste opgetree is.

Waarnemers meen dit moet as ’n slim lokval gesien word wat gestel is om die VSA vêr weg van sy basisse in ’n oorlog te betrek.

Amerika ondersteun die opposisieparty in ’n poging om die diktator, president Assad uit die kussings te lig, maar met Rusland as bondgenoot word dit duidelik dat die pogings nie veel sukses bring nie.

Rusland het vroeër verklaar dat Assad demokraties verkies is, en dat enige opponent wat gewelddadig teen die regering optree, as terroriste gesien moet word en sodanig beveg sal word.

Foto – President Assad