SAL kort R21 miljard

SAL kort R21 miljard oor die volgende drie jaar en een manier om dit te kry is om personeel af te lê aldus die SAL se hoof uitvoerende beampte, Vuyani Jarana.

Hy het nie gemeld of dit topstruktuur poste is wat gesny gaan word nie.

Loodse kan nie verminder word nie dus bly daar nie ‘n ander opsie oor as om grond en tegniese personeel te verminder nie.