Sabotasie knel Tesla vervaardiging

Die Suid-Afrikaans gebore miljardêr en ruimte tegnoloog, Elon Musk, se Tesla elektriese motorvoertuig vervaardigingsaanleg word deur ’n groep werkers gesaboteer om die wins moontlikheid te verhinder.

Daar bestaan bewyse dat “uitgebreid en skadelike sabotasie” deur medewerkers veroorsaak word.

Die onrusbarende inligting is pas deur die tegnoloog in ’n e-pos aan personeel in die vervaardigingsaanleg oorgedra wat werksaam is by die verliesdraende bedryf.

Alhoewel Musk nie die medewerker by die naam noem nie, bestaan daar blykbaar sterk vermoede, en daarom is sekere belangrike kodes binne die produksieproses verander.

Die volledige omvang van die sabotasie is nog nie duidelik nie, maar Musk sê dit wat reeds bepaal is, toon verliese wat nie moes gewees het nie.

’n Omvangryke ondersoek word gedoen om alle fasette van die sabotasie te bepaal en die skuldige aan die man te bring.