SA effekte bereik laagtepunt

Oorsese beleggers se belangstelling in Suid-Afrikaanse effekte het so gedaal dat slegs 38,9% van regeringseffekte tans deur buitelanders besit word, wat ‘n daling is van 4% sedert Maart 2018.

Die optimisme van die eerste kwartaal met Cyril Ramaphosa se oorname het getaan met bykans R56 miljard se effekte wat verkoop is.

Suid Afrika is tans nie ‘n aantreklike opsie vir buitelandse beleggers nie.