Rusland wil nie die EU verdeel

Die Russiese president, Vladimir Poetin, het beklemtoon dat Rusland alles moontlik probeer doen om die bande met die Europese Unie te herstel .

President Putin het bygevoeg dat Rusland geensins van gedagte is om ’n wig in te dryf tussen die 28 lidlande van die Europese Unie nie.

Poetin is onderweg na Oostenryk, wat sy eerste buitelandse besoek is sedert sy verkiesing om Rusland vir die vierde termyn te regeer.

Hy sê die Europese Unie se voortgang is baie belangrik vir Rusland omdat dit sy land se grootste handelskliënt is en daarom verkies hy ook samewerking met die EU.

Hoe groter en sterker die Europese Unie is, hoe beter is dit vir die Russiese handel, het die president gesê.

Die vise kanselier van Oostenryk, Heinz-Christian Strache, het reeds verskeie kere gevra dat die EU die sanksies teen Rusland moet ophef, maar die EU leiers het tot hede geensins oorweging aan so ’n moontlikheid gegee nie.

Die vermoede bestaan dat die Russiese president juis in hierdie verband na Oostenryk gaan met die hoop dat sanksies met Oostenryk se invloed, opgehef kan word.

Foto – President Vladimir Poetin