Rand val tot 6 maande laagtepunt

Die Rand het alle vorige vordering verloor teenoor oorsese geldeenhede, en verhandel tans teen ‘n 6 ½ maande laagtepunt.

Die Ramaphosa-euforie het sy laagtepunt bereik terwyl selfs Max du Preex die ANC aanvat oor hul bestuurders. Hy kom veral Ace Magashule by en beskryf hom as “die adder in die boesem” van die ANC.

Die geraamtes in die kaste van ANC ampsdraers maak dat elkeen vir oorlewing veg ongeag die gevolge vir die land. Dié party word gekenmerk deur ernstige interne verdeeldheid, wat geen vertroue in die ekonomie skep nie, terwyl beleidsonsekerheid oor grond, myne die vrye mark, ook geen vertroue skep nie.

Soos slim mense al gesê het: “Die kiesers verdien die leiers wat hul verkies het.”