Prikkel: Volksbestaan

 

In ‘n vorige prikkel is gewys op die verhouding tussen respek en selfrespek.

Pas ons dit as beginsel toe op ons volksbestaan word dit ‘n ontstellende toets.

In Hand. 17:26 word ‘n baie duidelike verband tussen volk en land gestel.  Die volke woon oor die aarde, is deur Adam aan mekaar gebind, maar die volke leef in hulle afkomslinies afsonderlik in hulle lande wat afgegrens is.

Volksbestaan is dus geen kleinigheid nie.  Nou is dit ‘n harde feit dat ons ons land verloor het.  Nou leef ons in ‘n menigte van ander volkiges.  Die landsgrens is egter nie die enigste grens wat ter sprake is nie.  Daar is ook ‘n volksgrens.  Dit is nie aanduibaar met ‘n lyn op ‘n kaart nie;  dit sou wel die ideaal wees.  Maar ‘n volk, d.w.s. mense met ‘n historiese lotsgebondigheid, behoort ook sy grense te handhaaf.  Populêr kan ons sê “soort soek soort”.

Maar soek ons mekaar nog – te midde van die bonte massa waartussen ons ons bevind?

Dit is hier waar ons volksrespek ter sprake kom.  Is ons volkslewe ‘n aanduiding van ons volksrespek?  Handhaaf ons ons volkstaal en volkskultuur sodat ander volke vir ons respek kan hê?  Ek is bevrees dat dit laag lê.  As dit so is, behoort ons ons te skaam, maar dan daaruit op te staan en ons volkswil aan te wakker.

Hendrik v.d. Wateren