Premier May bly oorwinnaar

Die Britse eerste minister, Theresa May, is steeds die wenner nadat sy ’n stemming in die parlement gewen het alhoewel sy van haar junior ministers verloor het.

Sy het op waardige wyse ’n sleuteloorwinning behaal oor haar plan om uit die Europese Unie te tree, maar moes sekere toegewings maak wat miskien haar hand ietwat verswak wanneer sy met Brussel onderhandel.

Die minister wat gemoeid is met Brexit, David Davies, het vroeër gemaan dat parlementslede wat die regering se planne teenstaan, besig is om die onderhandelings met die EU te ondermyn.

Politieke ontleders in Brittanje is van mening dat die Britse eerste minister nou die ergste teenkanting oor Brexit, effektief oorleef het en waarskynlik ’n suksesvolle onderhandelingsfase sal betree.

Die mening is uitgespreek dat sy een van die moeilikste politieke scenario’s moes bestuur wat die afgelope 50 jaar in die Britse politiek hanteer moes word.

Foto – Premier Theresa May