Port Elizabeth raadslid word appèl geweier

ANC raadslid Bongo Nombiba is appèl geweier na sy skuldigbevinding op klagtes van bedrog en geldwassery.

Hy is effektiewe tronkstraf van vyf jaar opgelê met ‘n verdere drie jaar wat opgeskort is.

Dit is die kaliber raadslede wat die dorpe se sake bestuur namens ‘n party wat beweer dat hy teen korrupsie is, sê politieke ontleders.

Foto: ANC raadslid Bongo Monbiba in die beskuldigdebank