Polisiebeamptes moet “geoudit” word

Die parlement se portefeuljekomitee van polisie het daarop aangedring dat polisiebeamptes se lewensstyl geoudit moet word.

Dit volg na die arrestasie van ‘n polisiebeampte in Bellville wat na bewering 18 vuurwapens gesteel het vanuit polisie bewaring.  (Sien vorige berig in Die Vryburger oor vuurwapens te huur).

Intussen het die minister van verdediging erken dat SAW wapens gesteel word en selfs onlangs in ‘n transito roof gebruik is.