Pluto het ruimte wetenskaplikes aan die dink

 

Wetenskaplikes by Nasa is dronkgeslaan oor die planeet Pluto waar ’n groot oppervlakte van die planeet duine van bevrore metaan het.

Die wetenskaplikes weet nie waar die wind vandaan kom op die planeet met die dun atmosfeer om sulke hoë duine te veroorsaak nie.

Nasa het beeldmateriaal gekry wat die groot oppervlakte van Pluto toon met die duine wat klaarblyklik uit bevrore metaan bestaan.

Die wetenskaplikes het die woestynagtige duine wat uit metaan gevorm is, onlangs ontdek, maar beskik oor geen inligting hoe die duine ontstaan het nie.

Die duine is plek-plek groter as Washington en is nou vir die eerste keer waargeneem op die planeet se glasige stikstof grense waar bevrore water voorkom.

Die ontdekking kom as ’n verrassing vir wetenskaplikes omdat dit nog nooit waargeneem is dat die planeet met sy dun atmosfeer ook winde kan ontwikkel wat sulke duine veroorsaak nie.

Oor ’n lang tyd het wetenskaplikes die planeet wat so vêr van die aarde is, en wat so erg koud is, van geen noemenswaardige gedrag beskou nie, maar het nou gevind dat die hemelliggaam ook sy verrassings lewer.

Dit die enigste planeet bekend wat so ’n groot metaan neerslag het.