Plase, kantore afgebrand

In Kirkwood en Addo in die Oos-Kaap is ‘n pakhuis en plaasimplemente aan die brand gesteek. Alhoewel plaaswerkers daarvoor blameer word, is boere van die omgewing nie noodwendig seker daaroor nie en glo opstokers van buite kon daarvoor verantwoordelik gewees het. Daar is egter wel seker eplaaswerkers wat tans staak.

Die R 336-pad na die Moses Mabhida gebied is ook met klippe en brandende bande versper.

Aangesien die polisie skynbaar weer uitblink as waarnemers maar geen beveiliging toepas nie, was boere genoodsaak om eie maatreëls in te stel om enige verdere aanvalle en skade te verhoed.

Op Botrivier in die Overberg is ‘n poskantoor en munisipale kantoor aan die brand gesteek tydens ‘n betoging, terwyl die N2 hoofweg versper is en tydelik gesluit moes word.

Aan die verre Wes-Rand duur gewelddadige betogings ook steeds voort. Verlede week het inwoners van Mohlakeng amok gemaak en geraamde skade van R50 miljoen is aan infrastruktuur aangerig toe ‘n polisiestasie, biblioteek, gemeenskapsaal en munisipale kantore afgebrand is.

Foto: Pakhuis in Kirkwood brand af