Oostenryk en Bavaria eens oor immigrante

Die kanselier van Oostenryk, Sebastian Kurz, en die premier van die Duitse deelstaat Bavaria, Markus Söder, stem saam oor die beleid wat toegepas moet word om Europa te beskerm teen indringers.

Beide leiers stem saam dat een van die belangrikste maatreëls wat ingestel moet word, is die sluiting en strenger beheer oor “buite grense” van Europa.

Die leiers het mekaar ontmoet oor die aangeleentheid en daarna ’n gesamentlike mediaverklaring uitgereik waartydens Markus Söder gesê het as hulle sou misluk om oplossings te vind en toe te pas oor onwettige immigrante, dal dit ’n probleem skep vir demokrasie in Europa.

Die ontmoeting tussen Markus Söder en Sebastian Kurz kom kort nadat spanning ’n hoogtepunt bereik het tussen die premier van Bavaria en die kanselier van Duitsland weens hulle verskille oor die beleid veral rakende die immigrante uit die Midde-Ooste en Afrika.

Waarnemers meen die immigrante krisis kan uiteindelik lei tot die ondergang van Angela Merkel as kanselier van Duitsland.

Foto – Kanselier Kurz en premier Markus Söder