NVG “verloor” geveg teen Guptas

Dit lyk asof die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) besig is om hul geveg teen die Guptas te verloor.

Bronne binne die Gespesialiseerde Kommersiële Misdaad eenheid erken dat hul geen houvas het op die Guptas en Zuma jnr nie.

Die NVG het hul geveg se eerste rondte verloor toe hul beslagleggingsbevel op die Vrede melkprojek deur die hof tersyde gestel is.

Intussen het die NVG aangekondig dat hul Zuma se versoek oorweeg dat sy strafregtelike verhoor uitgestel moet word, terwyl daar nog gestry word oor wie sy regskoste gaan betaal.

Foto: Zuma jnr en ‘n Gupta