Nuwe uitdagings vir Europese Unie

Dit is nie net die nuwe populistiese regering van Italië wat gevaarligte laat flikker in die Europese Unie nie, want die konserwatiewe regerings van Pole en Hongarye is reeds ’n bron van kommer dat die oorkoepelende struktuur in ’n finansiële krisis kan beland.

Die EU staan voor talle uitdagings, waarvan baie lidlande bereid is om dit aan te pak, maar daar is ook die lande wat die uitdagings sal teenstaan, en wat geen vrugbare gevolge inhou nie.

Brittanje is reeds op pad uit die EU, en al meer lande raak kopsku vir die “baasspelerige” organisasie wat dikwels die soewereiniteit van ’n land skend en wat nie ongesiens verbygaan nie.

Met Oostenryk wat binnekort aan die stuur is as voorsitter, sal die land met sy dinamiese kanselier Kurz, dit nie duld dat die EU weer sy immigrasiebeleid toepas nie.

Daar is die lande wat gekant is teen die euro as betaalmiddel van Europese lidland, ander is gekant teen die reuse begroting wat uit elke land ’n groot hap insluk, en ander is gebelgd oor die oop grense wat die bewegings van mense moeilik kan beheer en moniteer.

Die uittrede van Brittanje word goed dopgehou deur talle lande wat nie pro-EU is nie, en kan op ’n stadium besluit om die bande los te maak soos Brittanje met sy Brexit uittrede.

In ’n opname wat regdeur Europa gedoen is, het 45% van die deelnemers gedink die EU is ’n goeie begrip, maar die res het dit afgewys as ’n steuring van soewereiniteit.