Nuwe terreurgroep in Mosambiek

Nie Boko Haram nie, ook nie Al-Shabaab nie, en ook nie Islamitiese Staat nie, maar ’n splinternuwe terroristebeweging het in Mosambiek sy staan kom maak.

Ahlu Sunnah Wa-Jamâ is die jongste toevoeging tot terroriste organisasies, en hierdie een skroom nie om te sê hy sorg vir terreur waar sy stryders ook al beweeg.

In die mees onlangse voorvalle wat verlede week voorgekom het in die klein nedersetting Nathuko, het die terroristebeweging wat hulle assosieer met die Islamitiese seksies, talle inwoners gedood en baie gewond met kapmesse wat glo hulle erkende wapen is, alhoewel hulle ook talle ander wapens het.

Bewerings doen die rondte dat agente van die terroristebeweging in Suid-Afrika bedrywig is om wapens te bekom in rooftogte.

Die vermoede bestaan dat boere en polisiestasies die hoof teiken is waar wapens gesteel word om na Mosambiek te neem om in die hand van die terroriste te kom.

In die noordoostelike deel van Mosambiek is sewe mense onlangs met die kapmesse gedood, en tientalle is gewond agtergelaat.

Gerugte doen die rondte dat die terroriste ook gemoeid is met renosterstropery om hulle geldsake reg te hou, maar geen bevestiging kon verkry word nie.

Militêre deskundiges beweer dat die nuwe terreurgroep ook betrokke is by die moorde op blankes in Suid-Afrika met die doel om vuurwapens en ammunisie te bekom vir hulle terreurdade.