Nuwe aanval van Turkye op Oostenryk

Die besluit van Oostenryk om verskeie Moslem moskees te sluit, het die president van Turkye laat vlamvat en ’n hewige aanval op die kanselier gemaak.

Die Turkse president, Tayyip Erdoğan, het opnuut in sy verkiesingsveldtog uitgevaar teen kanselier Sebastian Kurz wat die moskees gesluit het.

Hy sê die Duitsers van Oostenryk moet kanselier Kurz beskaafde maniere leer omdat hy ongemanierd optree.

Spanning tussen die twee lande het verhoog nadat kanselier Kurz geweier het dat die Turkse president in sy land kom om sy verkiesingsveldtog te voer.

“Jy is nog jonk, en jy het nog baie ervaring nodig”, het die Turkse president gesê, maar die konserwatiewe kanselier van Oostenryk het hom geensins gesteur aan die tirade nie.

Foto – Tayyip Erdoğan