Noordwes kry nuwe premier

Die 70-jarige Job Mokgoro is deur die ANC se werkskomitee aangewys as die nuwe premier in Noordwes.

Dit volg na ernstige interne struwelinge oor wie die pos moes vul en sy aanstelling word gesien as ‘n kompromie tussen Supra Mahumapelo se aanhangers en die SAKP/Cosatu/Sanco aanhangers aan die anderkant.

Job se “job” sal aansienlik bemoeilik word met al die bedrog en faksies in die provinsie.

Aangesien daar geen vakature in die wetgewer is nie, is die verwagting dat Supra Mahumapelo gaan bedank uit die wetgewer.

Politieke waarnemers glo dit is die pad wat Cyril Ramaphosa sal loop: kompromieë. Daar is geen eenheid in die ANC nie en beide vleuels moet gepaai word met besluite,  wat maak dat sy hande gebind is om werklik die land weer op die spoor te kry.

Foto: Job Mokgoro