Munisipale werkers veroorsaak chaos

Stakende munisipale werkers in Port Elizabeth het asdromme aan die brand gesteek, die strate met vullis bestrooi en verhoed dat werkers munisipale geboue verlaat.

Voertuie is beskadig en winkel eienaars het haastig al hul winkels gesluit. Geen arrestasies is egter gemaak nie.

Langdiens bonusse word geëis wat glo beteken dat die meer as 2 600 werkers elk ‘n R30 000 bonus moet ontvang.

Beide die ANC en die EFF het hul steun aan die stakers toegesê en dus ook hul optrede gekondoneer.