Moyane kos belastingbetaler R142 miljoen

Op die tweede dag van die ondersoek rondom SAID se sake het vier oud-SAID bestuurders verduidelik hoekom hul “bedank” het.

Barry Hore wat die hoof operasionele  beampte was, het die slegte nuus meegedeel  dat tydens Tom Moyane (foto) se tydperk meer as R142 miljoen se oningesamelde belasting verlore gegaan het.  Volgens Hore is inkomste syfers gemanipuleer  toe SAID BTW betalings terug gehou het om sodoende hul onvermoë om belasting te in weg te steek.

Sunita Manik van die Large Business Centre het Hore se verklaring bevestig. Meer as R47 miljard se skuld het opgeloop in drie jaar vanaf 2013/14 en voeg daarby Malusi Gigaba se R48 miljard se inkomste tekort plus die vorige jaar se R30 miljoen  tekort.  Dit bring die totaal op R125 miljard se verlies.

As die opgehoopte BTW skuld (wat verskuldig is aan belastingbetalers) van R16,7 miljoen  bygevoeg word, loop dit op tot R142 miljoen.

Moyane word verder daarvan beskuldig dat  hy vreemde ooreenkomste aangegaan het en die ondersoekende vermoë van SAID afgebreek het.  Hy het terselfdertyd die beste kundiges weggewerk.