Merkel se regering wankelend

’n Krisisvergadering tussen die Christen Demokrate Unie (CDU) van kanselier Merkel en die Christen Sosiale Unie van Bavaria spreek van ’n wankelende regering in Duitsland.

Die gesprek is bemoeilik met die teenwoordigheid van die Sosialiste wat deel vorm van die koalisieregering omdat die twee Christen partye nie vertroulik met mekaar kon praat nie.

Volgens ’n woordvoerder van die Unie, Volker Kauder, kon die drie partye nie tot ’n ooreenkoms kom nie, en is die vergadering verdaag sodat die CDU en die CSU weer Sondag in gesprek kan tree .

Die krisis het ontstaan toe die twee partye reeds voor verlede jaar se verkiesing, verskil het oor die oop deur benadering van Angela Merkel.

Kenners sê Merkel se swak vertoning tydens die verkiesing word hoofsaaklik toegeskryf aan haar linkse benadering oor immigrante, wat uiteindelik die steun na die nasionalistiese Alternatief vir Duitsland laat gaan het.

Merkel was verplig om met haar grootste politieke vyand, die Sosialiste, ’n koalisie te vorm, wat die konserwatiewes in Bavaria nie aangestaan het nie.

Indien Kanselier Angela Merkel nie ’n ooreenkoms kan bereik met die CSU van Bavaria nie, kan haar party gedwing word om ‘n opvolg verkiesing te hou.

Foto – Leiers van die drieparty koalisie