Massa emigrasie van medici

Regs- en mediese kenners is dit eens dat die nuwe voorgestelde wetgewing rondom gesondheidsorg kan lei tot ‘n eksodus van mediese dokters.

Prysbeheer, soos voorgestel in die wet, sal mediese dokters penaliseer wat tans tariewe hef buite die voorgeskrewe pryslys.

So ‘n emigrasie kan dan die domino effek veroorsaak aangesien ander professionele groepe, wat gesteld is op goeie gesondheidsorg vir hul kinders,  ook kan emigreer. 

Die SA Privaat Praktiserende Forum, met 3 000 lede, het reeds aangetoon dat hul gaan weier om hulself aan die nuwe wetgewing te onderwerp, aldus dr. Chris Archer.