Masedoniërs in opstand oor naam

Terwyl die leiers van Masedonië en Griekeland die finale fase van onderhandeling nader oor die naamsverandering, het duisende ontevredenes daaroor die afgelope naweek in optogte hulle gevoelens gewys met plakkate en baniere.

Die konserwatiewes in Masedonië is gekant teen enige naamsverandering, en het Saterdag is die hoofstad Skopje saamgekom waar die leier ’n toespraak gemaak het en gesê het hulle sal nie die voorgestelde naamsverandering steun nie.

Hy sê die referendum of verkiesing wat gehou gaan word om die land se Grondwet te wysig sodat ’n nuwe naam gekies kan word, is onaanvaarbaar en sal teengestaan word.

Met ’n reuse banier waarop geskryf staan “Masedonië sal wen” het duisende ondersteuners voor die regeringsgeboue en parlement saamgekom om hulle weerstand tekene te gee.

Die opposisieparty eis dat ’n presidentsverkiesing saam met die referendum gehou word met die hoop dat die kiesers ’n nuwe president sal kies en die moontlike naamsverandering sal verwerp.

Die regering wil lid van die Europese Unie word, maar Griekeland, wat oor ’n vetoreg beskik, sê hulle sal dit gebruik indien Masedonië nie hulle naam verander nie.