Malema vra die jeug om ‘n revolusie in te lei

Julius Malema, opswepende leier van die EFF, het die jeug van die land opgeroep om te doen wat hul in glo.

Hy maak hierdie belaglike stelling dat as jy grond besit, hoef jy nie huur te betaal nie.

Hy het dit gedoen tydens ‘n “kerkdiens” in Johannesburg.  Sy verbale diarree gaan voort deur te vra hoekom sal jy ‘n huiswerker wees  as jy grond het  en hy beskryf die leierskap van die land as “dom”.

Dié laaste opmerking kan dalk meriete hê.