Lughawe moet “inheemse” naam kry

Daar is landwyd toutrekkery oor die naamsoekery vir lughawes nadat die ANC-bewind aangedui het dat van die lughawens naamsverandering moet ondergaan.

Die Khoisan-gemeenskap in Port Elizabteh wil nou hê dat dié stad se lughawe na een van hulle leier vernoem moet word sodat dit ‘n inheemse naam kry.

Die voorstel wat hulle ter tafel gelê het is dat die lughawe vernoem moet word na Dawid Stuurman, wat glo teen Nederlandse en Britse kolonialisme geveg het.

Waarnemers wys daarop dat Stuurman se naam veels te Nederlands-koloniaal klink om deur die ANC aanvaar te word.