Liza Smit openbaar Smit moorde

Liza Smit, die dogter van die vermoorde Robert en Jeanne Smit, het sopas ‘n boek die lig laat sien met die titel: “Ek is Liza Smit”.

Hierin maak sy die stelling dat haar vader en moeder vermoor is weens die feit dat Robert Smit op die punt was om grootskaalse regeringskorrupsie bloot te lê.

Die Waarheids- en Versoeningskommissie het destyds ‘n onderneming gegee dat die moorde verder ondersoek sou word maar daarvan het niks gekom nie.

Die bewerings is jare gelede gemaak maar is afgemaak as propaganda teen die destydse NP.

Foto: Die vermoorde dr. Robert Smit en sy vrou