Le Pen moet EU terugbetaal

Die Europese Unie (EU) het die leier van die regse party in Frankryk, Marine Le Pen, beveel om die EU hof se bevel na te kom en die bedrag van 300 000 euro terug te betaal wat onregmatig aan haar betaal is.

Le Pen het die bedrag glo in ontvangs geneem vir die teenwoordigheid van haar parlementêre sekretaris wat vir ’n tyd lank diens gedoen het.

Die hof het bevind dat Le Pen nie voldoende bewyse kon lewer dat die sekretaris wel in haar diens gestaan het nie.

Die hof het bevind dat Le Pen sedert 2009 tot 2017 ’n bedrag van nagenoeg 300 000 euro ontvang het as parlementslid van die Europese parlement vir die diens van ’n sekretaris.

Foto – Marine Le Pen