Konserwatiewe Wilders kry sy sin

Die nasionalistiese politieke leier, Geert Wilders van Nederland, het uiteindelik sy sin na dertien jaar gekry toe die land se Eerste Kamer sy aanbeveling deurgevoer het om Moslemvroue te verbied om in openbare plekke hul hoofbedekking te dra.

Mnr. Wilders het dertien jaar gelede ’n mosie ingedien wat deur die Eerste Kamer afgeskiet is, maar het nou besluit dat dit wel nodig is weens die terroriste gevaar wat dit mag inhou.

Dit was ’n koue aand in Desembermaand van 2005 toe Geert Wilders op sy eentjie in die Tweede Kamer nog namens die “Groep-Wilders” sy eerste poging aangewend het in belang van die konserwatiewes in Nederland.

Maar hierdie week het Wilders as die sterk opposisieparty, sy sin gekry toe die Eerste Kamer daardie selfde mosie goedkeur met ’n geringe meerderheid.

’n Politieke ontleder het later daarop gewys dat die Nederlandse parlement eers 4 571 dae later besef het dat Geert Wilders se vêrsiendheid nie geïgnoreer mag word nie.