Konsentrasiekamp herdenking

Jaarliks op 16 Junie, die ou Sowetodag wat deesdae ‘n openbare vakansiedag is, word die slagting in die konsentrasiekampe gedurende die Tweede Vryheidsoorlog herdenk.  Byna 30 000 Boere vroue en kinders het in dié helkampe onder Britse bestuur omgekom.

Die hoogtepunt is die herdenking by die Irene konsentrasiekampkerkhof.

Op Saterdag 16 Junie word daar weer ‘n herdenking daar gehou, en alle volksgenote is genooi om dit by te woon. Die verrigtinge begin om 08:45.

Ook by die Paardekraal monument in Krugersdorp vind daar ‘n herdenking plaas wat om 10:00 begin.