Johannesburg oorgeneem deur ANC-provinsie?

Nadat die DA se begroting nie goedgekeur kon word nie is die stad nou in ‘n wedloop teen tyd.

Die begroting moet voor die einde van Junie goedgekeur word anders gaan die stadsraad onder administrasie geplaas word deur die ANC beheerde provinsiale regering.

Die EFF, die DA se veronderstelde maar onbetroubare bondgenoot, het buite stemming gebly tydens die voorlegging van die begroting wat daartoe gelei het dat die begroting nie goedgekeur kon word nie.

Ontleders wys daarop dat dit gebeur as die verkeerde politieke bedmaats gekies word.