Italië weier nog onwettige immigrante

’n Deense vragskip het sowat 100 sogenaamde immigrante uit die see gered, maar is nou in ernstige moeilikheid nadat Italië die skip nie wou toelaat in sy hawes nie.

Die Alexander Maersk skip is vol gelaai en behoort aan ’n Deense maatskappy wat die mense opgepik het, maar nou in verleentheid sit omdat hulle nie die immigrante afgelaai kry nie.

’n Woordvoerder van die vragskip sê die skip is nie toegerus om meer as 24 mense aan boord te hou nie, en die 100 onwettige immigrante kry dus nie behoorlike versorging met eet- en slaapgeriewe nie.

Vroeër het Italië ’n skip met meer as 600 onwettige immigrante geweier, en was Spanje die enigste land wat bereid was om hulle te ontvang, maar nou blyk dit dat die Spaanse owerheid ook ’n probleem ondervind, met die gevolg dat die mense steeds nie afgelaai kom nie terwyl ’n tekort aan voedsel die probleem vererger.

Die skeepskaptein van die Deense vragskip sê sy bemanning is goed opgelei om reddingswerk te doen, maar is nie toegerus om hulle te versorg nie.

Meningsvormers sê die optrede van Italië kan uiteindelik lei tot ’n vermindering in onwettige immigrante na Europa aangesien die mense smokkelaars in Afrika ’n duidelike boodskap ontvang dat hulle passasiers nie afgelaai gaan word nie.

Foto – Alexander Maersk skip