Italie kry konserwatiewe regering

Die nuut aangestelde tussentydse premier van Italië het volgens die grondwet gehandel en die party wat die grootse meerderheid stemme in die verkiesing behaal het, weer ’n geleentheid gegee om ’n regering saam te stel.

Dit volg nadat die president geweier het om die regering soos deur die kandidaat premier van Vyf Ster, Giuseppe Conte, te aanvaar en hy daarna doodsdreigemente ontvang het vir sy verkeerde optrede.

Giuseppe Conte, ‘n professor in regte, het die groen lig gekry om ’n koalisieregering saam te stel uit die geledere van die konserwatiewe Vyf Ster en nasionalistiese Liga.

Die twee partye is egter redelik onkundig in die parlement, maar kenners wys daarop dat Matteo Salvini wel oor voldoende ervaring beskik en as minister van binnelandse Sake sal dien.

Giovanni Tria, ’n professor in ekonomiese sake, sal aangestel word as minister van finansies, en deskundiges is van mening dat dit ’n uitstekende keuse is om die land ekonomies weer op koers te kry.

Foto – Premier Giuseppe Conte