Italianer laat Merkel steier

Die Duitse Bondskanselier sê sy wil met die nuwe eerste minister van Italië saamwerk om die invloei van onwettige immigrante na lande van die Europese Unie te verminder.

Politieke ontleders sê die nuwe opmerking van kanselier Angela Merkel is ’n algehele ommekeer van haar vorige standpunt en “oop deur” benadering.

Merkel het die nuwe standpunt geopper teenoor die Italiaanse eerste minister, Giuseppe Conte, wat besoek afgelê het by haar in Berlyn.

Dit word al duideliker dat Angela Merkel nou na verskeie kante moet speel om haar posisie as kanselier te behou, want haar Bavaria vennoot, die Christen Sosiale Unie, dreig om weg te breek as daar nie ’n verandering in benadering is oor immigrante toelating nie.

Premier Giuseppe Conte se optrede om 629 onwettige immigrante te weier om Italië binne te gaan, het ’n nuwe dimensie en benadering tot gevolg, en selfs die linkse Franse president het begrip getoon vir die optrede.

Merkel het in ’n mediaverklaring gesê sy wil graag die Italiaanse premier se standpunt ondersteun en hoop Europa kan eensgesind wees oor immigrasie.

Die Duitse kanselier het ingestem met Giuseppe Conte se standpunt om die Europese buite grense te bewaak en saam te werk met internasionale organisasies om oplossings te vind vir die krisis aangaande onwettige immigrant.

Foto – Kanselier Merkel en premier Giuseppe Conte