Italiaanse regering kap Franse president

Die Italiaanse adjunkpremier, Luigi Di Maio, het in reaksie op die Franse president se gedagte om anti-immigrante lande met sanksies te straf, geroskam oor sy uitlating.

Die populistiese regering van Italië het in die afgelope weke met skerp optrede getoon dat hulle nie verder sal toelaat dat onwettige immigrante in Italië afspring nie.

Met president Macron se uitlating dat die Europese Unie finansiële sanksies moet instel teen lande wat weier om immigrante te ontvang, het adjunkpremier Luigi Di Maio gesê die Franse president se opmerkings kan veroorsaak dat Frankryk die nommer een vyand van Italië word.

Luigi Di Maio sê dit is duidelik dat president Macron voeling met die werklikheid verloor het, of dalk nog nooit in voeling was met die werklike probleem van onwettige immigrant in Europa nie.

Die nasionalistiese regering van Italië het kiesers belowe om streng standpunt in te neem teen die immigrante en hulle eerder toegang tot die land sal weier.

Foto – Luigi Di Maio