Hommeltuig die nuwe taxi

Dit is ’n Switserse projek wat enorme entoesiasme wek en wat uiters revolusionêr is dat dit selfs die toekoms ’n bietjie vooruit gaan en meer klink soos ’n moderne fiksie verhaal..

Die inisieerders in Genève, Switserland, het die afgelope week aangekondig dat hulle besig is met ’n projek om die hommeltuig in te span as ’n moderne taxi wat mense en goedere van een punt na ’n ander sal vervoer.

Die idee het ontstaan uit ’n gewone fiksie film waar mense in ’n hommeltuig gevlieg het na ’n bepaalde bestemming.

Die studie wat tans gedoen word, en die naam “Hommeltuig Taxi” gedoop is, sal sy bevindinge in ’n lywige verslag vrystel en aan die Europese Unie voorlê vir oorweging met die doel om ondermeer die verkeer op paaie te verlig.

Die gebruik van hommeltuie kan glo ’n besparing in Europa teweegbring wat meer as €100 miljard per jaar kan beloop.