Groot mediese bedrog

Twaalf staatsamptenare en politici, insluitend die vorige Gauteng LUK  van gesondheid, Brian Hlongwa, tans die hoofsweep van die ANC in die Gauteng wetgewer, asook 10 privaat maatskappye is betrek in ‘n korrupsiesaak van meer as R1,2 miljard.

Die Spesiale Ondersoek Eenheid het die verdoemende verslag reeds in Maart 2017 aan Zuma oorhandig . Hlongwa, asook Obakeng Mookeletsi, vorige direkteur van ondersteuningsprogramme, dr. Abdul Rahman, spesiale adviseur vir Hlongwa, asook ene me. Mosupi en Valdis Ramaano  word genoem in die verslag.

Maatskappye betrokke is 3P Consulting (gelikwideer)  wat luukse ritte, kontant betalings en ander korrupte voordele aan politici gegee het. Life Channel Africa, Regiments Health Care , Kemsing Services en AME Africa Healthcare word genoem in die ondersoek.

Medici skud net hulle koppe by die gedagte dat hierdie mense in beheer geplaas moet word van die land se totale mediese sorg.