Grondhervormings vergadering in chaos

Tydens ‘n grondhervormings vergadering in Marble Hall het Terror Lekota en Julius Malema mekaar byna te lyf gegaan.  Metaalverklikkers is beskadig tydens die vergadering.

In die Noord-Kaap het inwoners van Concordia geëis dat die diamant gebied terug gegee moet word anders gaan hul veg daarvoor.

Intussen het Henk van Wyk van Agri Noord-Kaap “erken” dat die 1913 Wet op Grond landelike mense verarm het en volgens hom kan grondhervorming slaag en ongelykheid aangespreek word.

Noord-Kaapse boere het deeglik kennis geneem van hulle unie se standpunt dat hul grond weggeneem kan word.

Foto: Terror Lekota