Gevaarlike bom in Duitsland gevind

Die hoof van Duitsland se polisie meld dat ’n aanslag met ’n uiters gevaarlike “biologiese bom” afgeweer is waarvan die inhoud baie gevaarlike gifstowwe bevat.

Die bom kon betyds gevind en verwyder word danksy die arrestasie van ’n onwettige immigrant uit Tunisië wat in Keulen is.

Die polisie sê dat deeglike voorbereiding deur die skuldiges getref is om met so ’n giftige bom ’n gruweldaad te pleeg wat net betyds verhinder is om te ontplof.

Hy sê dat die polisie die vorige week ’n verdagte vasgetrek het met die produksie van gifstof soos wat in die bom gevind is, en die vermoede bestaan dat die bomplanter deel is van die Islamitiese Staat wat hulle tans ook op verskeie plekke in Europa bevind.

Die gifstof, bekend as Racine is 6 000 keer kragtiger as sianied en is dodelik wanneer daarvan ingeasem sou word.