Gauteng polisiekommissaris op vroeë aftrede

Dit word berig dat die nasionale polisie bestuur versoek het dat kommissaris genl. Deliwe de Lange, moet bedank.  Sy sal klaarblyklik aan die einde Junie haar pos verlaat na twee jaar se diens.

Geen rede vir die versoek is gegee nie en daar heers ontevredenheid by die SA Polisie Unie rondom die vele “goue handdrukke” wat die staat miljoene kos.

Aan die anderkant het sy dalk op verkeerde tone getrap met haar anti-korrupsie optrede in die mag.