Franse president geskok

Die vervolgingsgesag in Frankryk vermoed dat Alexis Kohler, die grootste vertroueling van president Emmanuel Macron, betrokke is by belange in ’n Italiaanse skeepsmaatskappy en dus ’n botsing van belange het.

Die vertroueling is die hoof van die weermag en word nou deur die owerheid ondersoek nadat beskuldigings geopper is van botsende belange.

Gerugte doen die rondte dat die Fransman familieband het met die skeepsmaatskappy, Mediterranean Shipping Company, en sy betrokkenheid nie verklaar het nie.

Kohler word ook daarvan beskuldig dat hy voorheen sy invloed misbruik het gedurende sy diens as senior burgerlike in die hoedanigheid as minister van ekonomiese sake in 2012.

President Macron se belangrike verkiesingsbelofte is juis dat die soort optrede nie geduld sal word nie, en kiesers is nou hewig ontsteld omdat die president nie op die beskuldigings reageer nie.

Kohler het ’n baie vertroulike verhouding met die president gehad in die tyd dat hy sekretaris-generaal in die Elysée Paleis was.

Foto – Die president en sy vertroueling